cilliers elize3 1st August 2011

In 2003 het ek en Louis op die gras gesit onder die bome, want dit was 'n vrek warm skool vakansie. Soos wat dit maar was het nie een van ons veel gesê nie, net gesit en gras uit trek. Ek dink vir iemand wat verby gestap het sou dit gelyk het asof ons net die natuur sit en geniet, maar eintlik was ons "bored out of our minds" So elke nou en dan het hy my iets heel vertraag gevra soos hoekom is die lug blou of watter kleur is die wind nou eintlik. Nou vir die van julle wat my ken sal dit nie nuus wees dat hy elke keer 'n baie kort antwoord gekry het nie. Dan het hy mar weer die stryd gewone gegee en verder gras uitgepluk. Nou dit was seker al die vyf uur in die middag en toe die son sy laaste dood steke gee het ons begin honger word. Die kolletjie gras voor Louis was al amper kaal gepluk ,maar dit was te veel moeite om op te staan en ander bossie te gaan terroriseer. Met wat geklink het na sy laaste krag vir die dag vra hy toe : 'So...... Wat vir ete?" "Iets!" (kortstondige ekke) "Jaaaa..... maar watse iets?" "Iets lekker!" "Jaaaa.... maar wat is lekker?" "Herders pastei!" (Light bulb moment) En toe met 'n frons so diep mense kan water weg voer daarin en 'n skewe kop (soos 'n kokotiel) vra hy heel eerlik: "Watse goed is HERDERSPASTEI?" Glad nie lus vir resepte uitruil nie antwoord ek met my gewone sharme. "Dis LEKKER!" (Dis toe net mooi hier wat die ding begin) "Jaaaaa.....maar wat is LEKKER???" (die koppie nou anderkant toe gedraai) "HERDERSPASTEI is LEKKER!!!" "Jaaaa... maar wat is HERDERSPASTEI???" (koppie ander kant toe) "Dit is LEKKER!!" So het ons seker vir 20 rondtes aangegaan voordat dit hol rug geraak het. Ons het naderhand lekker gelag en self vyf jaar later as ek vir hom gevra het wat is lekker was die antwoord altyd "Duh... HERDERSPASTEI" Soos wat dit is het ek toe nie daardie aand herderspastei gemaak nie, ek kan nie eers onthou wat ek gemaak het nie. Louis het seker so maand voor sy dood by my kom kuier vir 'n aand.Hy het nogal gevra of ek iets "LEKKER" gaan maak. Maar dit was vrydag aand en ek was poot uit, so dit was pasta met kaas sous vir hom. Ek sou seker as ek geweet het, daardie aand maar die moeite gedoen het, maar gelukkig weet ek hy het sy vingers behoorlik afgeëet, jy kon hom altyd iets met kaas in gee en hy was HAPPY. Dalk het sy HERDER vir hom 'n pasteitjie. Liefde, Elize (of soos hy altyd gesê het Pie...lize