This site is dedicated to the memory of Louistjie.

Louistjie was born in Centurion in South Africa on April 29, 1991. He departed for heaven in a tragic road accident on 29th July 2008 at the tender age of 17 years. You will always be a part of us Louistjie, and we will love you forever.

Fundraising

Fundraising for

Fundraising

Fundraising for

Contribute

Help grow Louistjie's Tribute by adding messages or memories you'd like to share.

Thoughts

Louis sal altyd in ons almal se harte wees en Riana elke jaar is jy en jou ander kinders in ons gebede en gedagtes wanneer dit by die herdenkingsdag kom. Ons glo dat tyd genesing sal bring maar dit beteken nie dat ons hom ooit sal vergeet nie.
Leane Visser
1st August 2011
In 2003 het ek en Louis op die gras gesit onder die bome, want dit was 'n vrek warm skool vakansie. Soos wat dit maar was het nie een van ons veel gesê nie, net gesit en gras uit trek. Ek dink vir iemand wat verby gestap het sou dit gelyk het asof ons net die natuur sit en geniet, maar eintlik was ons "bored out of our minds" So elke nou en dan het hy my iets heel vertraag gevra soos hoekom is die lug blou of watter kleur is die wind nou eintlik. Nou vir die van julle wat my ken sal dit nie nuus wees dat hy elke keer 'n baie kort antwoord gekry het nie. Dan het hy mar weer die stryd gewone gegee en verder gras uitgepluk. Nou dit was seker al die vyf uur in die middag en toe die son sy laaste dood steke gee het ons begin honger word. Die kolletjie gras voor Louis was al amper kaal gepluk ,maar dit was te veel moeite om op te staan en ander bossie te gaan terroriseer. Met wat geklink het na sy laaste krag vir die dag vra hy toe : 'So...... Wat vir ete?" "Iets!" (kortstondige ekke) "Jaaaa..... maar watse iets?" "Iets lekker!" "Jaaaa.... maar wat is lekker?" "Herders pastei!" (Light bulb moment) En toe met 'n frons so diep mense kan water weg voer daarin en 'n skewe kop (soos 'n kokotiel) vra hy heel eerlik: "Watse goed is HERDERSPASTEI?" Glad nie lus vir resepte uitruil nie antwoord ek met my gewone sharme. "Dis LEKKER!" (Dis toe net mooi hier wat die ding begin) "Jaaaaa.....maar wat is LEKKER???" (die koppie nou anderkant toe gedraai) "HERDERSPASTEI is LEKKER!!!" "Jaaaa... maar wat is HERDERSPASTEI???" (koppie ander kant toe) "Dit is LEKKER!!" So het ons seker vir 20 rondtes aangegaan voordat dit hol rug geraak het. Ons het naderhand lekker gelag en self vyf jaar later as ek vir hom gevra het wat is lekker was die antwoord altyd "Duh... HERDERSPASTEI" Soos wat dit is het ek toe nie daardie aand herderspastei gemaak nie, ek kan nie eers onthou wat ek gemaak het nie. Louis het seker so maand voor sy dood by my kom kuier vir 'n aand.Hy het nogal gevra of ek iets "LEKKER" gaan maak. Maar dit was vrydag aand en ek was poot uit, so dit was pasta met kaas sous vir hom. Ek sou seker as ek geweet het, daardie aand maar die moeite gedoen het, maar gelukkig weet ek hy het sy vingers behoorlik afgeëet, jy kon hom altyd iets met kaas in gee en hy was HAPPY. Dalk het sy HERDER vir hom 'n pasteitjie. Liefde, Elize (of soos hy altyd gesê het Pie...lize
cilliers elize3
1st August 2011
Hy kon nooit die tyd afwag as ons n uitstappie beplan het nie. Hy was seker so ongeveer 3 jr oud.Dan hoor ek hom vroeg na almal se beddens loop om te kyk of hulle al wakker is. En as mens net n ooglid roer dan se hy:"Stam op stam op, die son is uit!!!!"
From Elize on 10/05/2011
Fundraising for
Canadian Cancer Society